Herklaas, ‘n man wat niks meer geniet as om sy lyn in die dieptes van enige water massa te gooi nie. Met ‘n geur wat so verkwikkend is soos ‘n koue oggend langs die rivier.
Sy boonste note skitter met die varsheid van ‘n pynappel, terwyl bergamot en swartkorinte ‘n draai gee aan sy growwe sjarme. In die hart van sy persoonlikheid vind jy die stewige ruggraat van berk en patchouli, herinnerend aan die betroubare toerusting waarop hy staatmaak tydens sy hengelavonture. Rose en jasmyn blom soos veldblomme, wat hom n sagte kant gee.
Soos die dag tot ‘n einde kom, bly die basis note van muskus, eikemos, ambergris en vanielje agter, soos die herinneringe aan ‘n dag wat goed bestee is, en laat ‘n onuitwisbare indruk op enigeen wat gelukkig genoeg is om vir Herklaas te ontmoet.
.
Reviews
There are no reviews yet.