Wie is GEUR?
GEUR: Parfuum met Persoonlikheid
Welkom by GEUR, die eerste en enigste Afrikaans-geïnspireerde parfuumhandelsmerk in Suid-Afrika! Ons storie begin diep in die hart van Suid-Afrika, gedryf deur ‘n passie vir luukse geure wat lank hou en ‘n verhaal vertel.
Elke GEUR-parfuum is meer as net ‘n geur – dit is ‘n viering van Afrikaanse kultuur en vakmanskap, handgemaak in Pretoria met die fynste geurolywe van Grasse, Frankryk. Ons meng ons parfuum teen 30-35% olie-inhoud, wat beteken dat jou kenmerk GEUR jou langer sal omvou as gewone handelsmerkgeure.
By GEUR glo ons dat parfuum deel van jou daaglikse lewe moet wees – iets wat jou persoonlikheid en styl komplementeer sonder om ‘n fortuin te kos. Daarom bied ons hoë-gehalte parfuum teen ‘n bekostigbare prys, sodat jy luuksheid kan ervaar sonder kompromie.
Ons is trots daarop dat ons plaaslike vakmanskap en internasionale gehalte kombineer, wat nie net werkgeleenthede skep nie, maar ook ‘n sterker Suid-Afrikaanse ekonomie ondersteun.
Dankie dat jy deel is van ons geurreis! Volg ons op Facebook, TikTok en Instagram of besoek ons winkel om jou kenmerk GEUR te ontdek.